Honderde geniet wynfees op Werkersdag

Deur Amelia de Ridder

Honderde wyn- en kos-entoesiaste van regoor Pretoria het op Werkersdag by die Fijnwijn kos- en wynfees by Shokran in Tierpoort saamgekuier.

Die fees was ‘n reuse sukses en besoekers kon vroegoggend reeds aan verskeie topgehalte wyne van regoor die land teug.

Kaartjies vir dié derde jaarlikse Fijnwijnfees het soos soetkoek verkoop met byna 20 wynlandgoedere wat hul wyne uitgestal en verkoop het.

Wynproewers het ná die wynproegeleentheid in die laatmiddagson op grasperke uitgespan en aan heerlike fynproewersdisse gesmul terwyl ‘n orkes hulle vermaak het.

Oorspronklike artikel: Rekord Pretoria Oos